Wat is plasities, ‘n meter lank, helder kleurig en klink soos ‘n olifant? Dit is die vuvuzele, die geraasmaakende trompet van Suid-Afrikaanse sokker geesdriftiges, wat ’n simbool geword het vir die sportsoort, sokker, in Suid-Afrika. In ’n resente opname, uitgevoer deur FIFA, was daar bevind dat naastens ’n drie-kwart van Suid-Afrikaners daarvan oortuig is, dat die gebruik van die Vuvuzela, tydens die 2010 sokker wêreldbeker, die atmosfeer in die stadions aansienlik sal verbeter. Ongeag die simboliek van die vuvuzele, wat gekenmerk word deur passie en geesdrif van sokker ondersteuners, word die vuvuzele gekritiseer op grond van die oorheersende geraas wat mag ontstaan, indien die sognaamde instrument, nie volgens die regte tegniek “geblaas” word nie. Dit is om hierdie rede, dat sommige lede van die publiek sterk gekant is teen die toelating van vuvuzela’s tydens sokker wedstryde, en FIFA gemaan het om die vuvuzele te verban tydens sokker-wedstryde, veral die 2010 sokker wêreldbeker. Op 11 Julie 2008 het FIFA se beheerliggaam aangekondig dat ondersteuners wel hul vuvuzela’s mag saambring na die stadion’s, aangesien dit is ’n musiek instrument geklasifiseer word en verskeie debatte oor hierdie onderwerp het begin broei. Die volgende menings was toegelig:
"All of a sudden people would go to the stadiums because of this instrument that was able to get fans on their feet and start cheering".
Mzion Mofokeng on the vuvuzela.
Een van Spanje se spellers, Xabi Alonso het gesê:
"I think they should be banned. They make it very difficult for the players to communicate with each other and to concentrate. They are a distraction and do nothing for the atmosphere".
WAT IS JOU MENING?
WAT IS JOU MENING?
Ek stem saam dat die vuvuzela wel as 'n instrument klassifiseer, maar as ek kyk na wat Xabi Alonso gese het dan stem ek saam dat dit eerder verban moet word. Pratende uit die perspektief van 'n sokkerspeler en 'n sportmens vergemoeilik die vuvuzela kommunikasie tussen die spelers wat dan die spel kan belemmer. Terselfde tyd dink ek ook dit kan jou gehoor benadeel veral as daar 10 vuvzelas om jou gelyktydig geblaas word.
ReplyDeleteEk dink vuvuzelas is sinoniem met sokker. Om vuvuzelas te verban,sal net ongelukkigheid onder aanhangers veroorsaak en die gees van die skare beïnvloed. Maar ek dink ook dat aanhangers wat die instrument gebruik, die spelers en ander aanhangers in ag moet neem wanneer hulle dit blaas om sodoende ongelukkigheid te voorkom.
ReplyDeleteEk is van mening dat die Vuvuzela verban moet word, aangesien dit niks meer as 'n geraasmakery is nie. As sportsman is dit vir my aangenaam om te hoor hoe die skare my aanmoedig, maar indien daar 'n trompet herhaldelik geblaas word is dit nie net'n irritasie vir die spelers nie, maar ook die ander geesdriftiges. Met die sokker wereldbeker om die draai, is ek van mening dat die buitelandse toeriste nie die vuvuzela's sal verwelkom nie, omdat hulle nie daaraan gewoont is in hul sokker kultuur nie. Alhoewel die vuvuzela 'n egte Suid-Afrikaanse produk is, en 'n simbool geword het vir sokker in Suid-Afrika, moet die buitelanders in ag geneem word, aangesien hulle ook ondersteuners in Suid-Afrika gaan wees.
ReplyDeleteEk stem saam dat vuvuzelas `n steurnis is.
ReplyDelete